Download from Bandcamp

Enter URL of the Bandcamp page below
Get MP3

Content served from cache, click to refresh.

Die Saai Lewe

Die Saai Lewe
Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
Op 'Die Saai Lewe' vat Die Naaimasjiene die luisteraar op 'n reis deur dit waarvan ons elke dag lees, hoor en op TV sien: die verleidelikheid van versmaaide plattelandse skoonhede in die Wimpy Bar, owerspel, gesinsmoord, naastehaat teenoor randfigure en ander verstotenes, hoere sonder 'n toekoms, junkies sonder hoop, iemand met hunkeringe na 'n vervloë bestaan as rugbyspeler in die skool (die liedjie 'Waar is alles heen'), hopelose hornyness in roadhouses en op highways, reën in die strate van Hillbrow, spaceships, die ontwortelde bestaan van bywoners, 'n funky president in die dae toe so iets nog bestaan het, 'n magsjags generaal, misdaad, moord.

"My ambisie in die lewe is nie om 'n popsanger te word nie," sê Dokter Boomslang. "Die storie van Die Saai Lewe gaan maar basically oor 'n ou wat as 'n outsider grootgeword het en as 'n bywoner rondgeleef het op verskillende plekke in die oorgangsfase van die Ou na die Nuwe Suid-Afrika. Ek onthou die Afrikaanse popliedjies van toe ek klein was, soos 'Liefling', 'Die padda wou gaan opsit', 'Aai-aai' (die eerste song op Laurika Rauch se debuutalbum) en 'Ek verlang na jou' (Sonja Herholdt se eerste treffer). Die storie is 'n klankdokument van een persoon se lewe van 1989 tot 1996."

'Die Saai Lewe' is die eerste keer deur Lloyd Ross van Shifty Records uitgereik op hulle Budgie Beat-reeks.
Nadat die verbod in 1996 opgehef is en met 'n ouderdomsbeperking vervang is, is nog sewe liedjies opgeneem danksy die hulp en bystand van Eckard Potgieter van Wildebeest Records en in 1997 op CD uitgereik. Hierdie is die amptelike digitale hermeesterde weergawe van die 1997-weergawe van die album en is eksklusief beskikbaar op Bandcamp onder die sambreel BoomslangKlanke.

Behalwe die album 'DIe saai lewe' is ons jongste drie singles ook nou beskikbaar - 'Trumpocalypse', 'O Pieleplaas' en 'Vakansietyd in Hartenbos'. Die musiekvideo van 'Trumpocalypse' is beskikbaar op YouTube. Dit alles gaan in die komende weke en maande gevolg word deur nog drie singles en dan 'n nuwe album.

Speel hard!

Waarskuwing! Die Naaimasjiene is nie bedoel vir die ore van die volgende persone nie:
*kulturele kloosterkoeke en politieke brulpaddas
*musikale fynproewers en liefhebbers van die kunslied
*slap pastoriepiesangs en mense met stywe bolippe
*jappies, vroetelpappies en hul southappies
*depressiewe ouers en jagse ouderlinge
*neurotiese nimfomane en kastrasse
*verwarde regterhande en aweregse linkses

Found tracks

Die Naaimasjiene - Die Saai Lewe
Download
Die Naaimasjiene - Raai-raai
Download
Die Naaimasjiene - Liefling
Download
Die Naaimasjiene - Warmsoet lemoen
Download
Die Naaimasjiene - Girlfriends in die Wimpy Bar
Download
Die Naaimasjiene - Jong Dames Dinamiek (maak my siek)
Download
Die Naaimasjiene - Pulp Friction
Download
Die Naaimasjiene - Manlief
Download
Die Naaimasjiene - Die generaal
Download
Die Naaimasjiene - Bring die sjerrie
Download
Die Naaimasjiene - Elegie (vir Emily)
Download
Die Naaimasjiene - Kwela vir Mandela
Download
Die Naaimasjiene - Ek gaap
Download
Die Naaimasjiene - Sê 'n gebed (September 1989)
Download
Die Naaimasjiene - Jy is 'n leë huis (Buitekamer Mix)
Download
Die Naaimasjiene - Waar is alles heen (Skolerugby Memory Mix)
Download
Die Naaimasjiene - Aai-aai (Snags Jags Mix)
Download
Die Naaimasjiene - Ek verlang na jou
Download
Die Naaimasjiene - Die reën is hier
Download

Suggestions